CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

Hoopdraer vir 2022 – Chantell Wiesner

Die Maatskaplikewerkersgilde in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Wil-om-te-help het die Hoopdraer-toekenning geskep om erkenning te gee aan Maatskaplike Werkers wat ‘n onblusbare passie vir hul werk het en ondanks moeilike omstandighede die fakkel van hoop in hulle gemeenskappe bly dra.

Hierdie toekenning het behels dat die gemeenskap ‘n maatskaplike werker kon nomineer om aan hom/haar die erkenning te gee wat verdien word. ‘n Hoopdraer is dan deur Maatskaplikewerkersgilde aangewys vir die streek.

Chantell Wiesner was een van die genomineerde maatskaplike werkers in die Vrystaatstreek en is aangewys as Hoopdraer vir 2022 in die streek.