CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

Nuusbrokkies/News Snippets: VVA Parys, Vrede, Rouxville, Wepener, Harrismith, Smithfield, Zastron

VVA PARYS / FCIA PARYS

VVA Parys het as deel van Kinder- beskermingsweek ‘n bewusmakingsaksie geloods en die kinders bederf met vrugte.
#Kinderbeskermingsweek

As part of Child Protection Week, FCIA Parys initiated an awareness campaign and pampered the youngsters with fruit.
#ChildProtectionWeek

 

VVA VREDE/ FCIA VREDE

VVA Vrede se maatskaplike werker en hulpwerker het Woelie Woeps Kleuterskool besoek. Die tema van hul Kinderbeskermingsweek bewus- makingsaksie was “Hoor my stem”.
Dit is belangrik om seker te maak dat kinders se stemme gehoor word en dat enige probleme vroegtydig opgetel word deur na kinders te luister.

The social worker and support worker from FCIA Vrede paid a visit to Woelie Woeps Kindergarten. “Hear my voice,” was the focus of their Child Protection Week awareness campaign. It is important to make sure that children’s voices are heard and that any problems are picked up early by listening to children.

 

VVA HARRISMITH / FCIA HARRISMITH

67 MINUTE VIR DIE GEMEENSKAP

VVA Harrismith in samewerking met die SAPD het hul 67 minute toegewy deur kos af te lewer in die Intabazwe gemeenskap.

“Doen wat jy kan met wat jy het en waar jy is”

FOR THE COMMUNITY, 67 MINUTES
FCIA Harrismith and the SAPS committed 67 minutes of their time to bringing meals to the Intabazwe community.
“Do your best with what you have and where you are.”

VVA Rouxville & Wepener / FCIA Rouxville & Wepener

KUNS VIR DIE SIEL

‘n Neurografiesekuns werkwinkel is by Emmerentia woonstelle, Rouxville aangebied.
VVA Rouxville en VVA Wepener het die geleentheid bygewoon.

Neurografie is ‘n grafiese metode om verstand en liggaam verbindings te skep deur ‘n kombinasie van kuns en sielkunde. Die skrywer van die metode is Pavel Piskarev, argitek en sielkundige.

ART FOR THE SOUL
A neurographic art workshop was presented at Emmerentia homes in Rouxville.  The event was attended by FCIA Rouxville and FCIA Wepener.
Neurography is a graphic approach of connecting the mind and body that combines art and psychology. Pavel Piskarev, an architect and psychologist, developed the technique.

 

VVA Smithfield / FCIA Smithfield

VVA Smithfield het 290 broodjies in die gemeenskap uitgedeel.

In the community, FCIA Smithfield distributed 290 sandwiches.

 

VVA Zastron / FCIA Zastron

Baie dankie aan Zastron gemeenskap vir elkeen se bydrae en hulp met die insameling van die bestanddele en bottels.

313 bottels in totaal was op hierdie bibber dag uitgedeel.

Mense was verbaas as die bottels aan hulle oorhandig word en hulle hoef nie te
betaal daarvoor nie. Liefdadigheid het nie ‘n prys op nie. Die dankbaarhied was in sommige mense oorweldigend wanneer ons aan hulle verduidelik hoe hulle die Bottel vol Omgee moet gaar maak.

Oumensies het hande bymekaar geslaan en was so emosioneel dat daar nog mense is wat vir hulle omgee.

Nogmaals baie baie dankie vir almal wat ‘n bydrae gemaak en wat gehelp het om die bottels uit te gee.

Dankie aan ons Liewe Vader dat Hy ons as gemeedskap kan gebruik om Sy werk te doen.

Many thanks to everyone in the Zastron community who helped collect the ingredients and bottles.
On this chilly day, 313 bottles were distributed in total.
People were astonished when the bottles were handed to them and they were not required to pay for them. Charity has no monetary value. When we described how to prepare the Bottle filled with Care, some people’s gratitude was overwhelming.

The elderly people clapped their hands together and were so emotional that there are still people who care about them. Once again, many thanks to everyone who made a contribution and who helped to give out the bottles.
Thank you to our Dear Father that He can use us as a community to do His work