CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

Seënwense van die voorsitter van Hoofbestuur – Henriëtte Wessels

Novembermaand…wanneer die Jakarandas blom, studente hul eksamenpenne neersit en moeders begin koekies bak, weet ons dit in Kersfeestyd!  Kersfeesliedjies oral en die geskenkkoors begin.  Kinders droom al wat hulle geskenke vir Kersfees gaan wees.

Dit herinner my aan ‘n kosbare geskenk deur Jesus aan ons geskenk.  Het ons dit al oopgemaak?  Het ons dit al onder die kersboom gaan soek?

Joh 14:27

“Julle hoef nie bekommerd te wees nie.

Ek los ook vir julle ’n GESKENK wanneer Ek weggaan:  VREDE!

Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie.

Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie.”

Kry jou lewe in lyn met Sy wil en opdragte en jy sal die vrede ervaar; vrede wat alle verstand te bowe gaan.

2021 is verby en 2022 lê voor ons.  Maak dan jou geskenk van vrede oop vir 2022 en wees nie bekommerd of gespanne nie.

Baie groot dankie vir almal se harde werk en entosiasme in die afgelope jaar.

Geniet die blaaskans!

Tot volgende jaar

Vriendelike groete

Henriëtte Wessels