CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

Uitbranding | Burnout

Ons leef onder geweldige druk en oral duik die term “uitbranding” op. Wat is uitbranding? Waar kom dit vandaan? Wat kan ek doen om nie in dié strik te trap nie?

Uitbranding is ‘n toestand van emosionele, fisiese en geestelike uitputting wat veroorsaak word deur oormatige en langdurige spanning.  Dit kom voor wanneer die persoon oorweldig, emosioneel uitgeput voel en nie aan konstante eise kan voldoen nie.

Is jy op die rand van uitbranding?

Beantwoord die volgende vrae:

  1. Is elke dag ‘n slegte dag?
  2. Lyk die omgee vir ande rna ‘n totale vermorsing van energie?
  3. Is jy kronies uitgeput?
  4. Vind jy meeste van jou take oorweldigend?
  5. Voel jy dat niks wat jy doen ‘n verskil maak nie?

Simptome van uitbranding

  • Meestal moeg en uitgeput
  • Verlaagde immuniteit
  • Gereelde hoofpyn of spierpyn
  • Onttrek van verantwoordelikhede
  • Isoleer jouself van ander
  • Uitstel van take
  • Veranderde eet-en/of slaapgewoontes
  • Gebruik dwelms of alkohol
  • Haal frustrasies op ander uit
  • Gevoel van mislukking
  • Hulpeloos en vasgevang
  • Gevoel van verlatenheid
  • Verlies aan motivering
  • Sinies en negatief

Oorsake van uitbranding:

Uitbranding spruit dikwels uit werksomstandighede,maar almal wat oorwerk en onderwaardeer voel, loop die risiko van uitbranding.

Uitbranding word nie net veroorsaak deur stresvolle werk of te veel verantwoordelikhede nie. Ander faktore dra by tot uitbranding, insluitend jou lewenstyl en persoonlikheidseienskappe. Trouens, wat jy in jou vryetyd doen en hoe jy na die wêreld kyk, kan ook lei tot uitbranding.

Werkverwante oorsake van uitbranding:

  • Gevoel van min of geen beheer oor werk
  • Gebrek aan erkenning of beloning vir goeie werk
  • Onduidelike of te veeleisende werkverwagtinge
  • Werk eentonig of onuitdagend
  • Werk in ‘n chaotiese of hoë druk omgewing

Leefstyl oorsake van uitbranding:

  • Te veel werk, sonder genoeg tyd vir kuier of ontspanning
  • Gebrek aan hegte, ondersteunende verhoudings
  • Te veel verantwoordelikhede aanvaar sonder genoeg hulp
  • Nie genoeg slaap nie

 

Hoe kan uitbranding voorkom word?

  • Gereelde oefening en gebalanseerde dieët
  • Gesonde slaappatrone

 

Take away:

Being exposed to continual stress can cause us to burnout. Feelings of exhaustion, anxiety, and isolating from friends and family members can be some of the signs. However, eating a balanced diet, regular exercise, and getting a good night’s sleep may prevent this stressed state.

Worried about friends and family members who may be burnt out? Listening to their concerns, validating their emotions, and offering specific types of support can help lighten the load.

Burnout can be avoided by making self-care part of your daily routine. Even if you’re working long hours, studying for exams, or taking care of young children, remember to sprinkle some joy into each day.

Try going for a walk, talking to a friend, or watching an enjoyable program on television. Small self-care gestures like these can stop stress from turning into something more serious, like burnout.