CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

VVA Frankfort: Pleegkinders word uitskieters

Op Mandela dag (18 Julie) het twee netjiese jongmans hul verhaal en VVA Frankfort kantoor se betrokkenheid in hul lewens gedeel by `n heerlike saam-kuier geleentheid. Hulle het na hul ouers se dood, saam met vier van hul sibbes, by hul grootouers in Namahadi, Frankfort kom woon en is in wettige pleegsorg by hul grootouers geplaas. Dis min dat grootouers hul oor 6 kinders ontferm, terwyl huself ook nog kinders het om te versorg.

Op skool het ‘n onderwyser voorgestel dat hul  aan atletiek begin deelneem, veral omdat een so effe oorgewig was. Hul het begin hardloop, ver en vining en nog nooit weer teruggekyk nie. Lehlohonolo en Pule is die twee uitblinkers.

In ‘n onlangse Durban marathon (met duisende deelnemers) het Lehlohonolo Sibek, ‘n algehele 4 de plek behaal het (derde as SA atleet) en sy jonger broer, Pule Sibeko, ‘n 8  ste plek, (sewende as SA atleet), asook ‘n persoonlike beste tyd, uitstekend vir jong atlete om reeds so goed in marathons te kan presteer.

Hul sonder VVA betrokkenheid uit waar hul tydens groepe ook ‘n atletiek mentor (naaswenner van ‘n Comrades marathon) leer ken het tydens ‘n motiveringspraatjie by VVA groepe vir pleegkinders. Hul besige programme naamlik skoolwerk, sport na skool, huiswerk en Sondae kerk toe gaan, was redes waarom hul nie by verkeerde aktiwiteite betrokke geraak het nie.

Hul ouma beskryf hul as gehoorsame kinders waarop sy trots is.

VVA is besonder trots op hulle en hou hul toekomstige prestasie dop. Ons vertrou dat hul daardeur verdere borgskappe sal kry, hul verdien dit en leef hul passie uit, self nou rolmodelle, juis in ‘n tyd waar rolmodelle skaars is.