CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

VVA Wesselsbron vier vanjaar hul 70 ste bestaansjaar

VVA Wesselsbron vier vanjaar hul 70 ste bestaansjaar.  Die geleentheid is die naweek gevier met ‘n spog geleentheid in Wesselsbron Lodge waar tydens daar met dankbaarheid teruggekyk is oor 70 jaar se werksaamhede.

VVA WESSELSBRON

1952 – 2022

Oranje Vroue Vereniging is op 15 November 1952 gestig nadat ‘n handjie vol vroue hul ontferm oor die nood  van ander.  Met entoesiasme en ywer samel hulle fondse in en verlig armoede, ouerleiding, mediese hulp, ondersteuning met begrafnisse en dra selfs die kostes vir ‘n kind vir verdere studie.  Hulle het die aanvoor werk gedoen vir ‘n tak wat later een van dié grootstes in die Vrystaat sou word.  Met die naamsverandering (2006) na Vrystaat- Versorging in Aksie, word ‘n nuwe era ingelei.  Deur die jare lewer die tak insette wat van blywende waarde is.  ‘n Wesenlike rol word gespeel in fondsinsameling in die totstandkoming van Silwerbron Dienssentrum (1990).  Die tak skenk later hul bussie aan Silwerbron om bejaardes te vervoer.  Gedurende 1995 word ‘n voltydse Maatskaplike werker aangestel en tesame met ‘n span uitnemende vrywilligers word groot hoogtes bereik:  Resenoletswe Centre for the Handicapped,  Clover SA & VVA 1 Stop, VVA kantoorkompleks, Uit Ouma se Kombuis, Sunshine Kidz Care Centre, VVA Plaaskombuis en vele meer.  Erkenning word op tasbare wyse gegee wanneer die tak die “Nooientjie van die Onderveld” toekenning ontvang vir Tak van die jaar gedurende 1992, 1999, 2002 en weer in 2017 – ‘n uitsonderlike prestasie!  Met groot dankbaarheid kyk VVA Wesselsbron  terug oor 70 jaar se genade en dank die Here vir goedheid en guns.