BECOME A VOLUNTEER
In 1908, the then- Oranje Vroue Vereniging was founded by volunteers and today still form the backbone of Free State Care in Action (FCIA). These volunteers assisted FCIA to become the leader in the welfare field in the Free State by maintaining, growing and developing the organisation over the years. The volunteer corps of FCIA changed drastically over the last few years to adjust to the changed circumstances and needs of the society. Today the organisation welcomes anyone (regardless of race, gender or age) who wants to serve the community to relieve the needs of the underprivileged. This contributes to breaking down barriers and building wonderful friendships and partnerships.
600 volunteers are involved with the following services:
- Poverty relief
- Management of the organisation
- Parental Guidance
- Services to older persons
- Prevention programmes
- Job creation projects
- Holiday projects for children
- Empowerment and development projects
- Emotional support to traumatized children.
Volunteers also take the lead with fundraising (that is essential to the sustainability of the organisation).
HOW DOES ONE BECOME A FCIA VOLUNTEER?
- A person indicates that he/she is willing to make a contribution to the services of FCIA.
- The person becomes involved in a service or activity of the organisation.
- A volunteer registration form is available from your branch/service provider and must be completed and signed. The volunteer also undertakes to make known his/her identification details, in order to maintain the Volunteer Database of the organisation. FCIA undertakes not to divulge any identification particulars to any other establishment and that all information will be dealt with confidentially.
- The volunteer receives a registration-card from his/her branch/service provider which is valid for one year. The volunteer can wear the registration-card when he/she is working on a project in the community.
- Honorary volunteers need not register. Applicable information must be passed on to Head-office annually.
GETUIGSKRIF VAN ‘N VRYWILLIGER
DIE VREUGDE, VERRYKING EN AANLEER VAN VAARDIGHEDE WAT VYFTIG JAAR SE LIDMAATSKAP VAN VVA MY LEWE INGEDRA HET …
Ek was nog jonkgetroud toe ek een oggend met my eerstelingseuntjie op die grasperk voor ons huis gespeel het. Dit was nog lank voordat daar hoë mure en traliehekke bestaan het om ons veiligheid te beskerm. Ons pragtige en lowerryke tuin het oorgespoel tot op die sypaadjie.
‘n Bejaarde dame het verby gestap, my vriendelik gegroet en haar voorgestel as Bettie van der Vyver. “Ek het jou al dikwels hier in jou tuin gesien, jy lyk na so ‘n gawe jong vroutjie. Wil jy nie by die O.V.V (eertydse naam van ons vereniging) kom aansluit nie, ek sal jou Donderdag oggend kom oplaai.”
Sy het my nie juis ‘n keuse gegee nie, maar die besluit was vir my ook nie moeilik nie. My moeder was die A.C.V.V voorsitter van my tuisdorp se tak en ek het letterlik grootgeword by vendusiekrale waar sy pannekoek gebak het en tee en koffie verkoop het vir fondsinsameling. My skoonmoeder was die jarelange sekretaresse van Wepener se O.V.V –tak. En so begin ‘n innige verbintenis met die dierbare en vrolike tannie Bettie en met ‘n geskiedkundige welsynsvereniging waar ek so baie sou ervaar en die betekenis van omgee vir ander, op vele terreine sou leer.
Welkom het in die sestigerjare ‘n bloeitydperk beleef en Tak Goudrif het ‘n ledetal van oor die sestig lede gehad. Maandvergaderings is in Huis Oranje se ruim eetsaal gehou, die enigste lokaal wat ons almal kon huisves, want die Dienssentrumsaal het nog nie bestaan nie. Met soveel lede is ons in komitees ingedeel, elk met sy eie voorsitter. Voorbeelde was bejaardesorg, kindersorg en fondsinsameling.
Bejaardesorg was verreweg die gewildste komitee omdat ons soveel dankbaarheid, erkentlikheid en liefde van die seniors terug ontvang het. Elke lid was verantwoordelik vir ‘n groepie senior burgers wat ons gereeld besoek het, dorp toe vervoer het vir inkopies en gelukgewens het met verjaardae. Jaarliks is daar in Septembermaand in samewerking met die stad se burgermeester, ‘n Senior Onthaal vir 200 tot 300 persone in die stadsaal gehou. Dit was ons stad en tak se spog geleentheid. Die tafels is pragtig versier, keurige verversings is voorgesit en elkeen het ‘n geskenk ontvang. Ons het letterlik vooraf weke lank gewerk om donasies aan te vra en voorbereidings te tref.
Ek was skaars vir twee jaar ‘n lid, toe ons baie bekwame voorsitter, Mev. Barnard, na Bloemfontein verplaas is waar haar man as skoolhoof aangestel is. Sy het my net eenvoudig “aangesê” dat ek as voorsitter moet oorneem, met taklede wat haar daarin ondersteun het. Gelukkig het ek die volle ondersteuning van my man gehad en ‘n baie knap huishulp van my grootwordplaas in die Karoo, wat na my twee klein kinders kon omsien indien dit sou nodig wees.
Meteens moes ek beplan, organiseer en leiding neem; soms geintimideerd gevoel, maar ek het oneindig baie geleer wat in my latere lewe tot groot voordeel was. Nadat die sakelys op vergaderings afgehandel is, was daar altyd ‘n gasspreker aan die woord wat ons toegespreek het oor onderwerpe wat verband gehou het met die vereniging se werk. Die lys van voortreflike sprekers is te lank om op te noem, maar die Minister van Onderwys,
Mnr. Piet Clase, die voorsitter van S.A. se Vereniging van Blindes en ons geliefde Mev. Tertia Flemming, het ‘n onuitwisbare indruk gelaat. Met die teedrinkery na die vergadering, wou Mev. Flemming weet wie die koek gebak het waarvan sy geëet het. Dit was ek!! “Sussie jou ma het jou goed geleer om ‘n pryswennerkoek te kan bak!” Ek was maar onervare in die kombuis en dit het vir my soveel beteken!
Die Kerspartytjie vir kliëntekinders en pleegsorgkinders is altyd in een van Welkom se vele goedversorgde parke van destyds gehou. Ek onthou een van die aangrypende oomblikke by so ‘n geleentheid: ‘Kersvader’ gee ‘n popbedjie aan ‘n fraaie krulkopdogtertjie en met betraande ogies sê sy: “Ek het nog nooit ‘n pop gehad nie, wat moet ek hiermee doen?” Ons destydse sekretaresse, Elize Murray, het gesorg dat ‘n allermooiste pop die volgende week vir hierdie kindjie afgelewer is. Dit is tye soos hierdie, wat ‘n mens laat besef hoe bevoorreg jyself is.
Met ‘n groot ledetal was dit moontlik om groot insamelingsprojekte aan te pak. Kooruitvoerings en musiekkonserte is in die Oppenheimer teater aangebied en “ Biltong-kaas- en wynaande was ook baie gewild onder die publiek. Spyseniering is gedoen en die jaarlikse basaar was ‘n hoogtepunt. Een van die vrolikste funksies was ‘n Hawaiise vlotvaart op die Sandrivier. By die rivier is elke paartjie verwelkom met kleurvolle blomkranse en ‘n mandjie met heerlike versnaperinge om op die vaart te geniet.
Die reëlings en harde saamwerk vir hierdie funksies het onderlinge kameraadskap en vriendskapsbande versterk. Individuele lede het ook kleiner tuisprojekte aangepak. Elke Woensdag was tannie Bettie by my huis waar ons fudge gekook het. Sy het dit in netjiese sellofaansakkies verpak en haar man het dit Vrydae by sy skool verkoop. By elke maandvergadering het sy ons fudgegeld met groot trots inbetaal. Ek dink met nostalgie terug aan die gesellige samesyn in my kombuis en my kleuters wat die laaste skraapsels uit die kastrolle gekrap het…
Eerlank was ek ook voorsitter van Huis Oranje se beheerraad, ‘n posisie wat ek vir veertig jaar beklee het. Dit was ‘n groot uitdaging, maar my taak is vergemaklik deur die sekretaresse, Sophia Kolesky en die tesourier Griet Mulder. Hulle was uiters bekwame, verantwoordelike dames en ook lewenslange hartsvriendinne. Albei is vroeg oorlede, maar sal vir altyd voortleef in my hart. Ons het baie vrolike paaie saam aangedurf, maar daar was ook steil hoogtes wat ons moes uitworstel.
Dit alles het van ons sterker, geestelik ryker mense gemaak. Oor Huis Oranje se lief en leed, sou ek ‘n hele boek kon skryf en ek het dikwels matrones aangemoedig om hul belewenisse te boekstaaf. Dit is hartseer dat deure in 2021 gesluit moes word na ‘n sinvolle bestaan van meer as sestig jaar. Die feit dat ons geen staatsubsidie ontvang het nie, lewenskoste geweldig gestyg het, het Covid die finale nekslag laat toedien.
Met vier kinders op hoërskool, is ‘n onderwyspos my aangebied wat ek nie kon weier nie. Ek is genoodsaak om as takvoorsitter te bedank, maar het aangebly as lid en op Huis Oranje se bestuur. Die jong, dinamiese Johanna Botes het my opgevolg. In dié tyd is die Dienssentrum en twintig wooneenhede opgerig, die grootste projek wat Tak Goudrif (ook) ooit aangepak het. Ek kon Johanna bystaan met dié reuse uitdaging, groot aankope en personeelaanstellings. Tot vandag toe is ons twee ten spyte van ‘n groot ouderdomsverskil, boesemvriendinne wat onlosmaaklik aan mekaar verbind is.
In dié halfeeu het ek vreugde, pret, hartseer, maar ook uitbundige ekstase as VVA – lid ervaar. Met my finale uittrede as voorsitter, het ek ‘n pragtige oorkonde ontvang en van Huis Oranje ‘n kosbare gedenkboek wat vir my ‘n kleinood is. Wat my hart egter met trots en warmte vervul, is dat twee van my volwasse kinders voltyds by gemeenskapswerk betrokke is en die ander twee hulpvaardige mense is wat altyd bereid is om ‘n medemens in nood te help. Hulle het mos in ‘n VVA – huis grootgeword!
Trinette van den Berg – April 2021