CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

Ontmoet ons maatskaplike werkers: Louise Wierenga (VVA Bothaville)

Waar het jy gematrikuleer?

Fort Beaufort Hoërskool, in my geliefde Oos-Kaap.

 

Waar het jy gegradueer en in watter jaar?

PU vir CHO (Potchefstroom), 1987

 

Wat het jy gedoen vanaf datum gegradueer tot en met aanstelling by VVA?

Dis ‘n laannng storie … 😊 Ek het in Klerksdorp maatskaplike werk gedoen, daarna in Johannesburg administratiewe en finansiële werk by verskillende instansies: akademiese instellings, ‘n kerk,asook ‘n kuns-atelje wat kunstenaars ondersteun en bemark. As ‘n mens graag met mense werk, is alle plekke interessant!

 

Aanstellingsdatum by VVA?

1 April 2021

 

Wat laat jou in die oggend opstaan / wat laat jou tiek?

Die natuur, mooi sonsopkomste en -ondergange, my plante, boeke, familie en vriende! Bo dit alles: geloof, hoop en liefde, ‘n passie vir aanbidding, dankbaarheid want alles is genade