CALL US NOW 051 444 6143
DONATE NOW

Ontmoet ons maatskaplike werkers: Zunelle Vermaak (Parys)

Ek is ‘n gebore plaasmeisie uit die suide van Namibië, en niks maak my gelukkiger as Kalahari vlaktes en rooi sandduine nie.

Ek sou myself beskryf as baie toeganklik en toegewyd. Ek hou daarvan om myself mondelings uit te druk en ek is altyd gretig om nuwe uitdagings en geleenthede aan te pak.

Ek vind dit maklik om aan te pas. En ek glo dat alles in die lewe met ‘n doel gebeur en dat ons moet blom waar ons geplant is.

Zunelle Vermaak het op 1 April 2021 diens aanvaar by VVA Parys as maatskaplike werker.