In Spreuke 15 staan daar: ‘n sagte woord laat die woede bedaar. Dit is wat Sarie vir ons beteken. Nooit kwetsende woorde nie. Deernis na die werkers en kliënte. Nooit gefokus op haarself nie. So is haar gesindheid en ‘n voorbeeld vir ons almal om van te leer.
Dankie vir soveel jare se lojaliteit, hardewerk en ondersteuning. Mag die nuwe fase in jou lewe vir jou rustigheid bring. Mag jy elke dag laatslaap. Mag jy en Sandri lekker tjoklits eet.
Ons gaan jou mis en uit die diepte van ons harte sê ons vir jou dankie.